Home:  Toer 6  
 

    Francistown, Nata  

Francistown

Agtergrond:

Francistown: Dit het sy ontstaan gedurende die goudstormloop in die 1860's. Dit was eers by Tatitown so 50 km verder maar het later hierheen veskuif. Die dorp is venoem na Daniel Francis, 'n Britse prospektreerder. Hy het die bevolking omgekoop met komberse om aan hom die ou bestaande mynskagte te wys, en vandaar die naam "blanket mining". Die ou skagte dateer uit die vroee 1200. Vandag het die stad ongeveer 60,000 inwoners.

Toer dagboek

01/09/2008:

Van Palapye is die pad weer lekker gelyk en goed gebou. Dit was so 178 km lank en saai, maar Bosveld mooi. Ons ry deur 'n paar padversperrings waar hul vir verbode vleis soek. Niemand het ons egter eers daarna gevra nie - wel vir koeldrank toe hul sien dat ons besig was om ons eie dors te les. Vriendelike manne.

Francistown is 'n groot stad en het seker een van die wynige "bergies / heuwels" reg in die middel. Verder is die wereld net plat. Ons dink die verkeer hier was erger as Johannesburg se spitsverkeer. Almal druk net voor jou in en om moelikheid te vermy, laat jy dit maar gelate toe. Ons sien nie kans vir die verkeersknope nie, en toe Garmin se, "take the first exit" was ons baie bly om weer oop pad voor ons te kry.

Halfpad na Nata staan 'n Bromvol (Ground Hornbill) op die pad se skouer en sy wyfie nie meer as so 5 meter van die pad nie. Toe ons stop vlieg hy lomp weg, maar sy stap ewe rustig weg van ons. Lekker tick vir die toer.

Ons ry verby Serule en is nou verder noord as Beitbrug.

Nata

 Agtergrond:

(Onder Konstruksie)

Toer dagboek

01/09/2008:

Sowat 10 km suid van Nata is die Nata Lodge en kampplek, en ons stop so teen 14:00 om die middag en aand daar te ontspan. Ons het ver gery tot hier en ons boude was bietjie lam. Ons kry 'n lekker koelteplekkie onder die palmbome.

Dis 'n pragtige plek teen P50 per persoon. Daar is nie kragpunte nie, maar ons het 'n nuwe lang elektriese kabel gekoop en kon toe krag uit die dames ablusie aan l.

Elsie het heimwee gekry want daar is baie Makalanie palmbome en swart sand net soos by hul ou plaas by Tsumeb.

Die middag ontmoet ons vir Piet en Roelena le Roux van Ottosdal. Hul is op pad terug huis toe na 'n besoek aan Moremi en Maun. Die aand kuier ons lekker oor 'n whiskey en Brandy en Coke. Die vrouens drink tee.  

Die dorpie Nata is net vier vulstasies en 'n aantal huisies. Niks om oor te vertel nie

 

NS. Ons het later verneem dat die hele Nata Lodge deur 'n weghol veldbrand verwoes is.

 

VOLGENDE